LSAN Aliklere
Aliklere 1
Aliklere 2
LSAN

Klere is beskikbaar by die skool se “deck”

MAANDAE / MONDAYS:                                        08:30 - 12:00

DINS / WOENS / DON / TUES / WED / THURS:     11:30 - 12:30

VRYDAE / FRIDAYS:                                                09:30 – 12:30


KONTAKPERSOON:           MICHELLE OOSTHUIZEN

KONTAKNOMMER:           079 107 6190


PLEK:                                 Laerskool Rugbyveld (onder die deck)

LSAN Ondersteunersklub

Tydens 'n Algemene Jaarvergadering van die LSAN Ondersteunersklub is die volgende nuwe bestuurslede verkies:

‍    •    Ondervoorsitter: Danie Brand

‍    •    Addisionele Lede: Jaco Prinsloo, Lucas Geldenhuys en Ignus van Rensburg

‍    •    Lappies Labuscagnie dien tans as voorsitter en verteenwoordig dan ook die Ondersteunersklub op die Skoolbeheerliggaam.


Die nuwe bestuur is baie opgewonde oor die uitbou van die klub met verskeie aktiwiteite en funksies wat vir die nabye toekoms beplan word.  Ons sal dan ook binnekort op Facebook wees, vir u gerief.


Ons wil graag die volgende onder die aandag bring van alle bestaande lede asook enige ander ondersteuners wat belangstel om aan te sluit by die Ondersteunersklub.


Die jaarlikse Interskole waar die Laerskool Aliwal-Noord kragte meet teen die Laerskool Burgersdorp vind plaas op Saterdag, 18 Augustus 2018.  Daar sal die vorige aand ‘n geselligheid, in die vorm van ‘n Bring-en-Braai, met ‘n kontantkroeg op die Dek, by die skool aangebied word.


U word hartlik uitgenooi om saam met ons te kom gees bou voor Saterdag se sport.  Daar sal ook ‘n “Lucky Draw” wees waarin opbetaalde lede outomaties ingesluit sal wees.  Ledegeld beloop tans R100 per jaar vir bestaande lede.  Aansluiting beloop R170 wat ‘n LSAN Ondersteunerspet met ‘n unieke nommer insluit.  Unieke ondersteunersbaadjies (navy “soft shell” tipe) is ook by die Aliklere winkel beskikbaar teen ‘n koste van R600.00.


Alle Pa’s en seuns van alle skole word dan ook uitgenooi om die Vrydagmiddag voor Interskole in ‘n bakkie (4x2 sal geskik wees) of ander geskikte voertuig te spring en saam te ry op ‘n kort gruispadroete naby Aliwal-Noord.  Ons vertrek om 15:00 vanaf die Laerskool en beplan om weer teen 17:30 terug te wees by die skool vir die Bring-en-Braai.  Inskrywingsgeld beloop R100 per voertuig.


Ons vertrou dat ons steeds kan staatmaak op u getroue en volgehoue ondersteuning van die LSAN se Ondersteunersklub.

Ondersteunersklub Drag
Ondersteunersklub Drag
OK

This website makes use of cookies. Please see our privacy policy for details.