LSAN Sport
Sport
Terug na tuisblad

Superkids Rugbykliniek

Na 'n lang onderbreking in enige sportaktiwiteite oor naweke was die afgelope naweek 'n nuwe hoogtepunt met 'n reeks rugby ontwikkelingsklinieke wat by LSAN aangebied is.


Daar was spesifiek op die 0/8, 0/9 en 0/10 rugbyspelers gekonsentreer.Meeste van hulle is tydens 2020 aan bitter min tot geen rugby blootgestel. Vrydagmiddag het verskeie 0/8 en 0/9 spelers die eerste kliniek bygewoon, aangebied deur afrigters van LSAN. Vir sommige van die spelers was dit hul eerste kennisname met die fynere tegnieke en vaardighede van rugby. Daar is aangegee, gevang, neergesit, opgetel, gestoei, vasgevat en die belangrikste... geglimlag.


On Saturday Hendrik Ras and his Superkids-team joined us for a fun filled day. He and his team honed the skills of our 0/8, 0/9 and 0/10 players. The training of basic as well as position specific skills that took place will greatly influence the rugby mind set of each of the players in the long run.


Dit was egter besonders dat een van die Superkids-afrigters, Danie Kotze, ook 'n oud-leerling van LSAN is. Danie was 'n woelwater rugbyspeler vir die 0/13A-span en ons opregte dank aan die manier waarop hy terugploeg in die rugbyspelers van LSAN.


A special thanks to Hendrik Ras, Riverside Lodge & Deli and Metro Fruit and Veg who contributed to the success of the day.

LSAN
LSAN
LSAN
LSAN
LSAN

Tennis

Rising Star Tennistoernooi

Growthpoint Junior Nationals in Bloemfontein

Laerskool Aliwal-Noord se eerste seuns en meisies tennisspanne het die afgelope naweek aan die Rising Star tennistoernooi in Grahamstad deelgeneem.  Die seuns het albei hul wedstryde verloor maar goeie sportmanskap getoon en die wedstryd met baie opwinding aangepak. Ons seunsspan is Jacobus van Pletzen, Erik Prinsloo, Herlu Schoeman en Van Heerden Kotze. Die meisiesspan is Sunica Labuscagnie, Sunél Fourie, Lianie Smook en Mardi Naudé.

Die meisies het deurgedring na die finaal en in ‘n naelbytstryd 1-2 teen Laerskool Stirling verloor.  Welgedaan Meisies! Beide hierdie spanne het baie goed gespeel en LSAN se naam hoog gehou!  Ons is trots op julle Alies!

LSAN
LSAN
LSAN

VLNR: Sunica Labuscagne (0/14), Lianie Smook (0/12), Pieter Pretorius (Afrigter), Jacobus van Pletzen (0/12), Sistine van Pletzen (0/12)

Gedurende die Maart vakansie is Tennis SA se jaarlikse Growthpoint Junior Nationals in Bloemfontein weer gehou, waar die top 64 kinders in die land in elke ouderdomsgroep uitgenooi word om deel te neem.

Weereens is daar bewys dat die Platteland oor baie talentvolle tennisspelers beskik.


4 Leerlinge van Pieter Pretorius Tennis en Laerskool Aliwal Noord is uitgenooi om te gaan deelneem en het baie goed gevaar met skitterende tennis uit die boonste rakke.


Al die leerlinge het baie goed gevaar.  Jacobus van Pletzen beklee die 17de posisie 0/12 in Suid-Afrika. Ongelooflik trots op julle elkeen en hou so aan.


VAMOS!

Alies verteenwoordig Vrystaatspan in Potchefstroom

Op Saterdag, 24 April 2021 het atlete van LSAN, wat gekies was om Vrystaat te verteenwoordig, aan ‘n interprovinsiale atletiekbyeenkoms in Potchefstroom deelgeneem.

Our athletes excelled in various items.  Chris Weitsz achieved a first place in the 1500m Walk for boys U/14 in a brilliant time of 7:37,27. This is his personal best for the season.

Lenró Krüger, 0/14 behaal ‘n 1e plek in Diskus met ‘n afstand van 37,41m.  In gewigstoot behaal hy ook ‘n 1e plek met ‘n afstand van 15,25m.  In spiesgooi behaal hy ‘n 4de plek. Welgedaan Lenró! 

Gerbrandt Bekker behaal ‘n eerste plek vir gewigstoot seuns 0/12 met ‘n afstand van 11,28m.

Leané Krüger en Lianie Smook het ook goed gevaar, as in ag geneem word dat hulle in ‘n hoër ouderdomsgroep moes deelneem.

We at Aliwal North Primary School are proud of all our athletes.

LSAN
LSAN
LSAN
LSAN

Abrie Oberholster Kleure-Atletiekbyeenkoms

Met die dou vars op die pragtige atletiekbaan, het Laerskool Aliwal-Noord reggestaan op 19 Maart 2021 vir ‘n besondere geleentheid: Die Kleure Atletiekbyeenkoms! Om aan COVID-19 vereistes te voldoen, kon die hele skool ongelukkig nie deelneem nie en geen ouers kon dit bywoon nie. Only athletes who obtained the first five places at last years’ colour athletics meeting, as well as those who wanted to participate, took part in this year’s event.

As it was the last athletics meeting before Mr Abrie retires at the end of April, the Staff felt they wanted to surprise and honour him for all that he has done for Athletics on School level, District level and further afield. He was always an inspiration to everyone around him. His high standards expected everyone to do their best at all times. 

Mnr. Abrie was baie verras toe hy en sy vrou, Rachel, die oggend by hul huis opgelaai was in die mooie Mercedes van Trudie Marais. Dit was baie gepas dat die skool se nommer een, mnr. Abrie, die “stadion” binnegery was met ‘n voertuig waarvan die nommerplaat “THE ONE” is. (Dankie Trudie Marais vir jou voertuig en tyd!) Vir baie mense was Mnr. Abrie regtig “the one” om na toe te gaan as iets pla, of sommer net vir raad of gesels…

Athletes and staff stood a guard of honour while the vehicle drove round the track and up the straight. Mr. Abrie and Rachel were welcomed with a glass of champagne at the winning post by Mrs Ilona Kotze and the programme of the day was handed over to him. The event was renamed after him, and is now called the “Abrie Oberholster Colour Athletics Meeting”.

‘n Baie emosionele Mnr. Abrie het ‘n paar woorde van dank uitgespreek en die byeenkoms amptelik geopen deur die lint by die wenpaal te knip. Mnr. Ignus van Rensburg het almal verwelkom en die “athletes’ prayer” gelees.  Daarna is Mnr. Abrie en Rachel na die Dek geneem waar hulle ‘n smaaklike ontbyt kon nuttig vanuit hul privaat losie en die eerste knal van die dag kon aanskou.

Die dag het seepglad verloop en verskeie rekords is verbeter. Al was dit ‘n vreemde stil dag sonder toeskouers, het die atlete steeds baie goed presteer en almal het die byeenkoms geniet. Die dag is afgesluit met ‘n gesellige ete vir beamptes op die Dek. Die uittredende Beheerraadslede, sowel as 4 buite-afrigters wat deur die jare vir Mnr. Abrie gehelp het, was genooi. Ons het ten alle tye die COVID-19 protokol nagekom.

Mr. Abrie, we will never forget you! 

Stil… daar gaan ‘n groot man verby!

‘n Groot dankie ook aan elke personeellid en afrigter wat bygedra het om hierdie ‘n onvergeetlike dag te gemaak het.

LSAN
LSAN
LSAN
LSAN

Grondslagfase Atletiek Pretdag 2021

Wie sou ooit kon raai dat ‘n sport/pretdag met saniteermiddel, maskers en sosiale afstand moontlik sou wees? Wel, by LSAN het die Grondslagfase op Vrydag, 5 Maart, presies dít reggekry.

Vroegoggend het die kleintjies in hul rooi, blou en geel klere by die skool aangemeld en tussen die kleurvolle ballonne en linte op die paviljoen gesit. Die opwinding onder die kinders, sowel as personeel, was tasbaar. Mnr Ignus van Rensburg het die verrigtinge amptelik begin met ‘n verwelkoming en gebed.

The 3 grades rotated between the 80-metre dash, “boeresport” and the supporter’s pavilion. Officials ensured that every race was run according to regulations and the first 3 athletes in each age group were identified. The cheering of the crowd motivated athletes to do their best.

Terwyl al hierdie opwinding op die A-rugbyveld plaasgevind het, was daar boeresport op die B-veld. Aartappelresies, waterspeletjies en kraploop het gesorg vir uit-die-maag kinderlaggies.

Die hoogtepunt van die oggend was toe die Gr.3’s hul eie aflosse gehardloop het. Die kompetisie tussen die kleurgroepe was intens, maar in goeie gees.

After the relay-event it was the teacher’s turn to show what they were capable of. Educator Assistants, students and teachers all took part in their own race. Needless to say, this was something the children enjoyed tremendously.

Die oggend is afgesluit met ‘n roomys en ‘n bietjie afkoel onder die sproeiers. Ons sien uit na die kleurebyeenkoms van 2022, wanneer ons hopelik weer die ondersteuning van ons ouers en toeskouers kan geniet. Tot dan, dapper vorentoe!

LSAN

Vorige Sportnuus: Interskole die sport-hoogtepunt van die jaar

Alies Sportfotos

Alies! YES!

Alies! YES!

Alies! YES! YES! YES!

Ons Alies neem deel aan….

LSAN Kultuur
Safe Parking

Landsdiens

Op Maandag, 17 Mei, het meer as 100 BAIE opgewonde Landsdiensmaats opgedaag vir nog ‘n heerlike Landsdiensmiddag.

It was the Grade 4’s and 5’s turns to assist with our bottle caps project.  These junior members eagerly helped with the teaching and sorting of all the bottle caps which we have had collected during Term 1.  Ons maats is baie entoesiasties oor hierdie proppie-projek, wat deur die Sweet Heart Foundation ondersteun word en waar ons hoop om uiteindelik genoeg bottelproppies in te samel om ‘n rolstoel te kan skenk aan ‘n behoeftige persoon in ons eie gemeenskap.


Die Graad 6- en 7-lede het op Landsdiens se Liefde vir Arbeid gefokus en hulle het opgedaag gewapen met alle moontlike skoonmaak toerusting; van stoflappe, skropborsels en besems tot emmers met water en seep!  Ons het in groepe verdeel en het toe die Graad 6- en 7 klasse, asook die kleedkamers en trappe getakel.  We cleaned all the most difficult spots and had a lot of fun, because we did everything together as a team. All the teachers appreciated the effort and thanked the Land Service Members for this cleaning task!

Teen die einde van ons byeenkoms is die nuwe bestuur op tradisionele Alie-manier ingehuldig.  Weereens baie geluk aan hierdie Graad 7’s wat voortaan skouer aan skouer met die volwasse Landsdiensleiers van die skool sal werk om van elke Landsdiensgeleentheid iets spesiaal te maak.


Land Service South Africa has a national Cookie-project where all Land Service clubs countrywide are challenged to donate home baked cookies for our local Healthcare workers.  At ANPS we collected ingredients and cash donations and we are very proud to say that we will be able to contribute 58 batches of cookies to this project.  ‘n Reuse dankie aan elke Landsdienslid vir jul donasies.  Landsdiens se leuse, DADE EN NIE WOORDE NIE, word alweer gestand gedoen, want die Alie-miertjies het werklik DAAD by die woord gevoeg… Nogmaals dankie!

LSAN
LSAN

Landsdiens 2021 skop af

It is wonderful to be able to have Land Service again. There are 117 Land Service members registered for this year's Land Service, which makes us the biggest club in the Eastern Cape. 

The grade 6 members helped with cleaning and sorting some of the bottle caps which we collected and are still collecting for the Sweet Heart Foundation. 

Die graad 7's het vir vanjaar se leerlingkomponent van die bestuur gestem en ook koppe bymekaargesit om te help met oulike idees wat ons Landsdiens se 4 liefdes prakties kan demonstreer.

Dit was die graad 4’s se heel eerste amptelike Landsdiensmiddag en hulle was baie opgewonde. Die graad 4 en 5’s het die jaar afgeskop om hulle liefde vir die natuur uit te beeld. Almal het voëlvoerders vir hul tuine gemaak. 

Ons almal sien baie uit na wat die jaar vir Landsdiens inhou.

LSAN
LSAN
LSAN

Graad 6 en 7 Landsdiens

2020 Winter breiprojek

Vanjaar het die Laerskool Aliwal-Noord se Graad 6- en 7-Landsdienslede deelgeneem aan twee groot winterprojekte. Die dogters het geleer om vierkantige blokkies te brei en Juffroue Elna en Sumara het al die baie blokkies wat so ingesamel is, in pragtige komberse vir minder-bevoorregte gesinne uit ons eie skoolgemeenskap, omskep. Our original aim was to complete 5 blankets, but our members, their families and friends responded with enough little squares to complete 10 blankets up to date! Ons is nog steeds besig om die laaste blokkies aanmekaar vas te hekel en vir elke kombers ook ‘n lekker snoesig-warm voering van poolstof vas te werk. With this project the Land Service members showed their Love for their Fellowmen, as well as for Labour, while some girls also learnt a new skill.

Thank you very much to Krishna Textiles in Aliwal North, who showed their support for our project by giving all Land Service members who wanted to buy wool, a discount. Dankie ook aan Trio Sport, wat gehelp het om die voerings agteraan ons komberse vas te stik.

Die seuns het hul projek weer gefokus op Liefde vir die Natuur, sowel as op Arbeid. They made lovely birdfeeders and showed lots of creativity in doing so. Ons manne het baie oulike en bruikbare voëltjievoerders gemaak en so gehelp om in vanjaar se ekstra-koue winter verligting vir ons geveerde vriende te bring! “ONS GEE OM” is ons Landsdiensklub se leuse. Vanjaar het ons, ons omgee op ‘n tasbare wyse uitgebeeld. Baie dankie aan elke lid, ouer en Landsdiensvriend wat ons projekte ondersteun het.

LSAN

~ Sept 2020.

Welgemoed Chalets

Laerskool Aliwal-Noord Landsdiens
Aliwal North Primary School Land Service


Die lente is in die lug en ons almal kruip uit ons Covid doppe. Die Graad 7 Landsdienslede het twee witstinkhoutboompies geplant ter viering van Erfenis- en Boomplantdag en as nalatingskap vir ons nageslag.


We are proud Land Service members and showed our love for NATURE by planting two trees next to the hockey field.

We promise to take good care of these trees and hope that all future Alies will benefit from our positive deed today.

Land Service
Landsdiens

~ Sept 2020.

Matriek Alies kom dans die Jerusalema dans saam met Graad 7’s

LSAN

Vrydag, 3 September het Laerskool Aliwal-Noord se graad 7’s heerlik ge-Jerusalema saam met die Matrieks van Hoërskool Aliwal-Noord.  Na ‘n paar oefen-sessies is die passies onder die knie gekry en het die 2 groepe heerlik saam  gedans.

We would like to thank Aliwal North High School for their initiative.  The children thoroughly enjoyed it.

Jerusalema ikhaya lami(Jerusalem is my home)
Ngilondoloze(Guard me)
Uhambe nami(Walk with me)
Zungangishiyi lana(Do not leave me here)
Jerusalema ikhaya lami(Jerusalem is my home)
Ngilondoloze(Guard me)
Uhambe nami(Walk with me)
Zungangishiyi lana(Do not leave me here)

Ons-gee-om Landsdiensklub van Laerskool  Aliwal-Noord presteer

Sept. 2020: Oos-Kaap Landsdiens het gedurende Augustus ‘n uitdaging aan alle Laerskool Landsdienslede gerig om ‘n plakkaat te ontwerp waarop hulle die 4 Liefdes van Landsdiens uitbeeld.

30 of our Alie-members entered in this competition and we are very proud to announce that the first 3 prizes all went to proud Alie-participants.

Baie geluk aan Jani Louw (eerste plek), Andries de Klerk (tweede plek) en Izelle van Vuuren (derde plek).  Julle is ware Landsdieners en maak ons baie trots!

Dankie aan elkeen van ons ander lede wat ook ingeskryf het.  There were so many beautiful posters, I think the judges had a tough time deciding on the winners!

Hoofleiers 2020

Foto: Juf. Sumara Snyman oorhandig Jani Louw en Izelle van Vuuren se prysgeld namens Oos-Kaap Landsdiens.

Jani Louw en Izelle van Vuuren hou Andries de Klerk se plakkaat vas.

Ons-gee-om Landsdiens van Alie-land

Esteddfod ’n hoogtepunt op die jaarlikse Alie-kalender

“You’ll never be bored

when you try something new

There’s really no limit

to what you can do!”  ~ Dr. Seuss


Hoe waar is hierdie woorde nie oor die fees van kuns, drama en musiek wat kos vir die siel was.  Dit is wat ons met die Eistedd@Alies 2019 beleef het!

Vanaf 26-30 Augustus 2019 het 47 skole se deelnemers ons drumpel deurgetrap. Skole so ver as Middelburg, Ladybrand, Queenstown, Cradock, Bloemfontein en Maclear het aan Laerskool Aliwal-Noord se Eistedd@Alies 2019 deelgeneem.


Om kortliks te noem:

1942 individue het op die verhoog hul verskyning gemaak en sertifikate ontvang, uitsluitend die 2 toneelgroepe, 2 tradisionele dansgroepe en 14 kore wat ook opgetree het.

Buiten bogenoemde is 67 skryfstukke ontvang en beoordeel asook

968 x 2D en 170 x 3D kunswerke, wat almal anoniem beoordeel is. Ook 75 x foto’s en 81 x grafiese kunswerke is op dieselfde wyse beoordeel en daarna in die skool se gange uitgestal.

22 x rokke is op Vrydag, 23 Augustus, tydens ‘n modeparade vertoon en beoordeel.


As mens so na die statistiek kyk, kan mens waardering kry vir die organisasie van só ‘n groot gebeurtenis.

‘n Maklike taak was dit beslis nie om al hierdie deelnemers hul tyd op die verhoog te gun en dit binne die bestek van 5 dae!

‘n Spesiale woord van dank aan mev. Sumara Snyman en haar span wat alles seepglad laat verloop het.  Maande se beplanning en kopkrap en “tyd laat stilstaan” het die Eisteddfod voorafgegaan, maar dit was vir seker die moeite werd.

What a pleasure and privilege it was to see the thrilled faces coming out of the hall, sharing their certificates for each and every one to see.  Their joy made all the effort worth the while.  That is why we present the Eisteddfod…

“You’re off to great places, today is your day.

Your mountain is waiting, so

get on your way!” ~ Dr. Seuss

Sonder beoordelaars, ouers, OOV en die Eistedd@Alies-span sou hierdie Eisteddfod nie ‘n sukses gewees het nie.

‘n Opregte woord van dank aan ELKEEN wat bygedra het om alles vlot te laat verloop het.

Baie dankie aan alle mammas wat eetgoed gemaak het, gewerk het en ure van hul tyd opgeoffer het.  Ons sien dit raak en het ook groot waardering vir ons hele Aliwal gemeenskap se ondersteuning.

Baie dankie ook aan elke skool wat ons ondersteun het. Sien jul volgende jaar weer!

Volgende week sal die Afdeling wenners bekendgemaak word.

Laerskool Aliwal-Noord Inligting
Algemene Nuus
Gaan na Buffelfees
Vind ons op Facebook
want more info?
want more info?
Back to the top
OK

This website makes use of cookies. Please see our privacy policy for details.